SARIE het die kleurvolle stel besoek, kyk die foto's hier:


Dit lyk soos ’n regte egte dorpie uit die jare vyftig: Vroue met wye rompe en dun middeltjies, ou motors en Afrikaanse musiek uit die 50’s.

Steve Hofmeyr, Lizz Meiring, Terence Bridgett, Jakkie Louw, Pieter Koen en Carike Keuzenkamp is van die sterre in dié Afrikaanse musiekblyspel-fliek. Die drie hoofrolle word gespeel deur Marlee van der Merwe, Eugene Jensen en Marno van der Merwe.

Terence Bridgett, Liesl du Toit en Willem Botha.

Die Pretville-akteurs sing en voer ’n paar danspassies uit terwyl vrolike Pretville-deuntjies die strate van die stel vul.

Dit klink so al asof dié drie se karakters in ’n liefdesdriehoek verwikkel gaan wees, maar niemand wil nog ’n woord sê nie.

Die prettige stel lyk baie indrukwekkend, soos iets uit Hollywood, maar eintlik is dit nog baie ver van klaar af, sê vervaardiger Paul Kruger.

Amper soos ’n geheim lê die realistiese klein dorpie net buite die woondorp tussen die heuwels en aalwyne van die Hartbeespoort-omgewing weggesteek. Kompleet met ’n Pep Stores-winkel, ’n Aïda-eiendomsagent en ’n begrafnisondernemer, het die Pretville-dorpie sake-ondernemings, huise met tuintjies en strate waarin mense seker in die fliek al singend gaan afwals.

Die stel van Pretville bestaan uit ’n verskeidenheid besighede op die klein dorpie.

Die Hartiwood teken teen die muur by Hartiwood Films naby Hartbeespoort.

In Pretville is daar selfs ’n Pep.En binnekort ook ’n babawinkel

Die inwoners het vreemde name soos Serah Somers, Roeda Regyt, Pierre Lukuveer en Hennie Hakkel.

Binneland-akteur Terence Bridgett speel die rol van Pierre Lukuveer, die burgemeester én haarkapper. Tydens die bekendstelling van die stel gryp hy sommer vir Marlee, die heldin (Serah Somers) en dans ’n paar draaie.

Hy noem haar “hoofmeisie” en gee vir haar ’n klapsoen voordat sy oor haar ervaring gesels.

“Ek speel Emily Somers se dogter en Emily het die diner op die dorp,” vertel sy. “Pretville is ’n klein dorpie met dorpsjapies en plaasjapies. En daar is ’n paar lekker onverwagse wendings en kinkels.”

Machiel Roets, Eugene Jensen, Marlee van der Merwe en Ferdinand Gernandt.

Terence Bridgett gee vir Marlee van der Merwe ’n parmantige klapsoen op die wang.

In die fliek steel Marlee se karakter Dawid de Wit se hart. Eugene Jensen speel Dawid. “Hy is ’n plaaswerker en nie so smart soos Marlee wat ’n stadsmeisie is nie. Hy is verlief op haar en sy werk ly daaronder,” vertel hy.

Die komponis en liedjieskrywer Machiel Roets het Pretville se musiek geskryf en hy is kinderlik opgewonde oor die produksie. “Ons staan op niks minder as wêreldklastalent nie.”

Verfilming begin einde Februarie <2012> en die fliek sal na verwagting teen November <2012> in rolprentteaters begin draai.

Só oorleef mens op ’n rolprentstel

Marlee van der Merwe se wenke

  1. Kom elke aand vroeg in die bed.
  2. Drink baie water
  3. Geniet dit!
  4. Leef vir die oomblik, want die tyd gaan vinnig verby.
  5. Maak seker jou sonverbruiningsroom is reg aangewend en nie streperig nie.

Terence Bridgett draai ’n paar lawwe draaie met Marlee van der Merwe.

Pretville is naby Hartbeespoort geleë.

Die choreograaf Ferdinand Gernandt spreek die gaste toe tydens die stelbekendstelling.