‘Ons Boere, Ons Inspirasie’ gaan vir kykers ’n vars blik gee op die moderne Suid-Afrikaanse boer. 

Inspirasie is waarvoor SARIE staan en min dinge is so inspirerend soos ons land se boere en hul unieke stories. Die mans en vroue wat na aan die grond leef en werk met elke seisoen se goedheid en guns. Wat kos op ons tafel sit en omgee, skep en weer probeer. Wat verlies ervaar en vreugde vier. En hoop, bly glo.

Dis hul verhale wat verlede jaar tot die projek ‘Ons Boere, Ons Inspirasie’ gelei en die SARIE-span na die Noord- en Wes-Kaap geneem het. In samewerking met GWK, Agri SA en Shell Downstream SA het SARIE vir boere in ’n ander lig te stel.

Ons het geweet elkeen het nóg ’n storie om te vertel – een geanker in vele drome, passies en belangstellings. Hulle is boere, ja, maar ook musikante, wêreldreisigers,  unstenaars, entrepreneurs en filantrope. Kleurryke 360-mense. 

obos
'Ons Boere, Ons Inspirasie' se 2018-projek: Reni le Roux. FOTO Marijke Willems
obos
'Ons Boere, Ons Inspirasie' se 2018-projek: Warren Bam. FOTO Marijke Willems
obos
'Ons Boere, Ons Inspirasie' se 2018-projek: Liezel en Gerhard Bruwer. FOTO Marijke Willems

Die ‘Ons Boere, Ons Inspirasie’-projek het gewys dat stylvol en modern, skeppend en innoverend is. In voeling met hulle wêreld en ingestel op die lewe daarbuite. Dis Suid-Afrika se boere, en die onderwerp van ’n splinternuwe en gelyknamige TV-reeks.

Vanjaar is dié projek groter en reis ons verder. Saam met kykNET, GWK, McDonald’s en John Deere besoek ons 13 plase vir 13 episodes van die nuwe TV-reeks Ons Boere, Ons Inspirasie. 

Elke program sal die kollig laat val op ’n boer wat ’n storie het om te vertel en ’n eie stukkie inspirasie deel. Daardie inspirasie sal SARIE vasvang in ’n portret van wêreldgehalte wat net in die tydskrif verskyn en ooreenstem met die televisie-episode.

Eloïse Pretorius, bekende radio-en agri-stem, sal vir die eerste keer as aanbieder voor die kamera te sien wees saam met medeaanbieder Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur en ’n bekende op TV.

Fanie Cronjé en Eloïse Pretorius
Fanie Cronjé en Eloïse Pretorius

‘Ons Boere, Ons Inspirasie’ is vanaf 3 Oktober Donderdae om 21:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Hou SARIE van November 2019 tot Januarie 2020 dop en leer ken ons boere en hul mooi wêreld. 

Hou ook SARIE van November 2019 tot Januarie 2020 dop en leer ken ons boere en hul mooi wêreld. Deel die goeie nuus met jou vriende op Facebook, Twitter en Instagram met die hutsmerk #OnsBoerOnsInspirasie.