Met ’n nuwe maand kom ’n nuwe hoofstuk. Die Springbok-rugbyspeler Duane Vermeulen en sy stralende vrou, Ezel, het vanoggend hospitaal toe gery, want hul tweede kleinding is byna-byna hier!

Duane het die goeie nuus op sy Instagram gedeel.

So the time has arrived to meet the little man.... #earlymorning #nervousmuch#cantwait #exitingtime #no2

A photo posted by Duane Vermeulen (@customs08) on

Die paartjie is reeds die trotse ouers van ’n seuntjie, Anru. In SARIE se Oktober 2015-uitgawe praat Duane oor die verandering wat ouerskap in sy lewe gebring het.

Hoe het jy gevoel toe jy hoor Ezel verwag ’n seuntjie?

Nee, ek was redelik bly ...

Ezel: “Duane het flippen só hoog gespring!”

Ek wou hê die eerste een moet ’n seuntjie wees. As daar dan later ’n sussie is, is daar ’n beskermende figuur wat altyd kan help ...

Dis snaaks, ek het al gesien hoe ’n ou mature die dag dat hy kinders kry, veral in rugby. As jy nog nie kinders het nie, is jy ... ek sal nie sê arrogant nie, maar jy luister nie. Kinders leer jou meegee; jy praat op ’n ander manier met mense.

Laat jou seuntjie jou nie soms terugdink aan jou eie kindertyd nie? Dit moes swaar gewees het toe jou pa klierkanker gekry het …

Ja-a-a … maar ’n ou’s jonk, jy verstaan nie. Ek kon so half sien dinge was nie meer dieselfde nie ... my ma wat soggens die werkers trekkers toe te vat, hy wat in die bed bly lê, sy hare wat uitval. Jy vra vrae, maar jy kry nie altyd antwoorde nie. Alles was net te vinnig, te besig. En daar was niemand anders van die familie daar nie, geen support structure nie.

Ek onthou die dag.

Dit was oggend … ek is skool toe, standerd een. In die middae wanneer my pa die werkers gaan aflaai op die dorp, het ek altyd sommer saam teruggery. Maar dié middag sit ek en sit ek en niemand kom laai my op nie.

Toe kom daar ’n ander ou – eers wou ek nie saamgaan nie, hy moes my ma bel. En toe kom ons by die plaas en die ambulanse staan. Ek het ingehardloop, ek wou my pa gaan soek. Maar die huishulp het my in die gang gestop en gesê nee, ons moet uitkom.

FOTO Charl Smith van Agapé Studio FOTO Charl Smith van Agapé Studio

Lees nou

Was jy al skaam & verleë by die werk? 3 redes hoekom dit goed is

Ontmoet Donald Trump se skoonseun

Oorleef die hittegolf lag-lag en in styl