Springbok-flank Francois Louw en sy vrou, Sarah, het Maandag hul eersteling verwelkom, berig Die Burger. Dié sterk rugbyman se hart het gesmelt toe hy die eerste keer sy eersteling, Lucy Maria, sien. Hy vertel aan dié koerant:

Jy probeer jouself voorberei vir die groot oomblik, maar toe ek my dogtertjie vir die eerste keer sien ... dit was ongelooflik.

Francois speel deesdae rugby in Engeland vir die klub Bath. Hy vertrek eersdaags terug en Sarah en Lucy sal later by hom aansluit.

Lees die volledige berig in Die Burger.

Sarah het dié foto van pragtige klein Lucy op haar Twitter-blad gedeel.

FOTO: Twitter  @Sarah__Louw  FOTO: Twitter @Sarah__Louw

En kyk net hoe mooi is Lucy se babakamer ingerig!

FOTO: Twitter  @Sarah__Louw  FOTO: Twitter @Sarah__Louw

Francois Louw vroëer vanjaar - oefen om pa te wees!  FOTO: Twitter  (@sarah_louw) Francois Louw vroëer vanjaar - oefen om pa te wees!
FOTO: Twitter (@sarah_louw)

Bron: Die Burger

Lees ook