Handré Pollard, Suid-Afrika se briljante Bok-losskakel, het op 21 Desember 2016 sy geliefde, Marise Malherbe, met ’n piekniekmandjie ingewag op ’n afgeleë strandjie by Hermanus.

So teen skemeraand het die sprokie gebeur. Die son het rooigoud gesak. Marise, met haar wilgerlat-lyfie en blinkswart hare, was effe verbaas toe haar vriendinne skielik glimlaggend omdraai. Sy dog nog hulle gaan saam “drankies” drink, soos afgespreek. Maar Handré het alles haarfyn bewimpel.

FOTO Gideon Malherbe
FOTO Gideon Malherbe

Sy was opgewonde, uit die veld geslaan. “My diamantring is presies waarvan ek hou. Klassiek. Sonder krulle en draaitjies. Ek het altyd vir hom gesê ek wil verloof raak net nadat ek my graad kry.”

En toe gebeur dit. Sy het einde 2016 haar graad in grondslagfase-onderrig aan die Universiteit van Pretoria behaal.

Handré is haar droomman, vertel sy. Hy’s nes haar pa, Gideon (’n boer). ’n Introvert wat weet wat hy wil hê. Ambisieus en positief. “Hy het skelm uit die bosse foto’s geneem van die oomblik.” Nes Marise en Handré is hy dol op fotografie.

Ná die piekniek het almal lekker partytjie gehou by haar ouers se strandhuis. “Familie en vriende soos Jesse Kriel [agterspeler van die Bulle] en Damian de Allende [Stormers-senter]. ’n Aand om altyd te onthou.”

Die paartjie trou binnekort, hou SARIE en SARIE.com dop.

Kyk net die foto's:

FOTO Gideon Malherbe
FOTO Gideon Malherbe
FOTO Gideon Malherbe
FOTO Gideon Malherbe
FOTO Gideon Malherbe
FOTO Gideon Malherbe