Heinrich Brüssow is vandag nie nét ’n sportheld nie. Dié Cheetah- en Springbokflank het twee skelms in Bloemfontein help aankeer, berig Beeld.

Volgens Beeldhet Heinrich agterdogtig geraak toe hy twee mans op ’n muur van ’n huis in die Parkwes-buurt in Bloemfontein sien sit het.

Hy het aan een van die huiseienaars in die buurt gevra of sy die mans ken. Daarna het hy die een man gevra wat hulle daar maak. Dié man het net opgespring en weggehardloop.

Heinrich en een van sy aanhangers op die OR Tambo internasionale lughawe in Johannesburg FOTO: Twitter Heinrich en een van sy aanhangers op die OR Tambo internasionale lughawe in Johannesburg
FOTO: Twitter

Heinrich het hom agterna gesit en ’n paar honderd meter later aangekeer. Toe die man ’n mes te voorskyn bring, het hy homself losgekry en gevlug.

Heinrich is terug na die huis toe om seker te maak die inwoners is veilig. Hier loop hy hom toe in die ander inbreker vas. Toe die tweede man ook wegkom, het Heinrich in sy voertuig geklim en hom agterna gesit terwyl hy die polisie gebel het.

Heinrich (regs) by die rugbyspelers Wimpie van der Walt (links) en Jacques Potgieter FOTO: Twitter Heinrich (regs) by die rugbyspelers Wimpie van der Walt (links) en Jacques Potgieter
FOTO: Twitter

Die polisie het met Heinrich se hulp die twee verdagtes aangekeer.

Lees die volledige berig in Beeld.