Dis nog net drie weke, dan word die Springbok-rugbyspeler Pierre Spies vir die tweede keer pa. Hy en sy vrou, Juanné, verwag hul tweede bulletjie.

Pierre, wat tans weens ’n besering in sy bo-armspier ’n groot deel van vanjaar se rugby-seisoen mis, het verlede jaar vir SARIE vertel dat ouerskap sy lewe heeltemal verander het.

"Dis ongelooflik om ’n kind te kan liefhê. Ek en Juanné sê ons kan nie glo ons is ouers nie," het hy gesê. Lees dié onderhoud hier

Klein Pierre, Juanné en Pierre Spies FOTO: Phyllis Green Klein Pierre, Juanné en Pierre Spies
FOTO: Phyllis Green

Dié onderhoud was kort ná sy en Juanné se eersteling (óók Pierre) se geboorte. Klein Pierre is nou al twee jaar oud!

Pierre deel sy foto-album Hy het vanmiddag op Twitter vertel hoe opgewonde hy is om Pierre se kleinboet te verwelkom.

Só het Pierre, ’n swanger Juanné en klein Pierre tydens ’n onlangse vakansie gelyk - dié pragtige mamma lyk selfs met haar swanger-magie pragtig op dié foto wat op Twitter is!

Bok Victor Matfield wys sy derde dogter

Nóg Bok-babas op pad

Pierre Spies is nie die enigste Springbok wat gereed maak om binnekort nog ’n pienkvoet in sy huis te verwelkom nie!

  • Schalk Burger en sy vrou Michele se tweede kind word ook een van die dae gebore!
  • Verder verwag Bryan Habana en sy vrou Janine ook húl eerste baba! Geluk, julle!

Janine en Bryan. FOTO: Facebook Janine en Bryan Habana
FOTO: Facebook