Aimee Steenkamp, Springbok-loskopstut Steven Kitshoff se verloofde, het haar kombuistee op 'n sonskyndag by die luukse Bantry Bay Hotel in Kaapstad gehou.

Die paartjie, wat hul verlowingsfoto's eksklusief met SARIE.com gedeel het, staan een van die dae voor die kansel. 

By die kombuistee met sy Franse tema kon gaste aan verskeie Franse happies smul.

Aimee sal altyd 'n sagte plek in haar hart vir Frankryk hê. Sy het immers byna twee jaar lank in die Franse stad Bourdeaux gebly terwyl Steven tussen 2015 en 2017 klubrugby vir die Bordeaux Bègels gespeel het.

"Die Franse kultuur het deel van my geword. Dit inspireer nou nog elemente van my lewe," het Aimee gesê.

Springbok JJ Engelbrecht se verloofde, Alise Feirrera, en Stormers-speler Dewald Duvenage se vrou, Nicke, was ook by die kombuistee. 

"Dit was 'n ongelooflike dag! Ek is ongelooflik geseën."

Hier is die pragtige foto's

FOTO Verskaf
FOTO Verskaf
FOTO Verskaf
FOTO Verskaf
FOTO Verskaf
FOTO Verskaf
FOTO Verskaf
FOTO Verskaf
FOTO Verskaf
FOTO Verskaf