John van de Ruit, die skrywer van die suksesvolle Spud-boeke (en ook die onlangse fliek), skryf nie net goeie boeke nie, maar het ook in 2004 die tsoenami-ramp in Thailand oorleef. Só berig British Airways se vlug-tydskrif, Horizons.

Volgens die November-uitgawe het Van de Ruit Thailand in 2004 besoek. Hy en ’n vriend het gegaan om die vakansie van hul lewens te hê. Hulle het al die eilande in die omgewing verken. Die dae was lank en vol opwinding.

Maar op 26 Desember het als verander. Van de Ruit was op 'n klein eilandjie genaamd Koh Muk. Hy en sy vriend was besig om rustig koffie te drink toe hulle sien dat die see begin terugtrek. Skielik het hulle idiliese vakansie in 'n grootskaalse drama verander. Reusagtige golwe het begin inrol. Baie toeriste op die eiland het gevlug na ’n hoër, veiliger hawe, maar ’n paar waaghalse het onder op die strand gebly. Van de Ruit was een van hulle. Volgens www.hartford.co.za het Van de Ruit die tsoenami bewonder en het hy gedink dat dit ’n natuurwonder was. Gelukkig het Van de Ruit dit oorleef.

Spud, die fliek, oortref

Volgens Rory Tyson, die nasionale verkoopsbestuurder van Nu Metro Films (lees meer hiervan op timeslive.co.za) het meer as 66 000 mense op Saterdag 4 Desember reeds die film gesien. Volgens Tyson het 'Spud' reeds meer as R2 miljoen tot op hede ingebring. "Die film het baie, baie goed gedoen. Dit het alle verwagtinge oortref en is omtrent 50% groter as wat ons verwag het dit gaan wees," sê Tyson. Kyk die voorprent van Spud, the movie