Ons weet nie of dit waar is nie, maar dít is wat die Britse poniepers die afgelope week berig het oor prins Charles en sy vrou, die hertogin van Cornwallis.

Die koninklike paartjie, wat sowat 9 jaar getroud is, staan blykbaar op skei. Gerugte doen die rondte dat koningin Elizabeth binnekort haar oudste kleinseun, prins William, gaan aanwys as die troonopvolger. Dit beteken dat prins Charles nooit koning sal wees nie.

prince_william_king-41

Camilla is blykbaar woedend en dreig om Charles te skei en al die koninklike geheime uit te lap - tensy sy ’n groot bedrag geld betaal word vir haar diskresie.

camila-dumps-charlesVerder lê die poniepers vol gerugte dat Camilla onmin saai tussen prins William en Kate, die hertogin van Cambridge. Camilla beweer dat William Kate gaan skei, nes Charles met Diana en nou met haar wil maak. William het glo vir sy pa gevra om Camilla van Kate weg te hou.

Ongeluk

Verder beweer Camilla ook glo dat sy bewyse het dat prins Charles verantwoordelik was vir die karongeluk waarin prinses Diana en Dodi Fayed gesterf het. Diana het glo ’n dekade voor haar dood ’n brief aan haar butler geskryf waarin sy sê sy het bewyse dat Charles haar wil doodmaak - in ’n motorongeluk.

Prince-Charles-Camilla-DivorceCamilla eis volgens gerugte $350 miljoen om stil te bly, maar die koningin en Charles het glo geweier om dit te betaal. Camilla is volgens die Britse media die afgelope tyd te veel kere besope gesien.

Té skandalig om waar te wees? En waar is die bewyse?

Wat dink jy van dié gerugte? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Bronne: KDrama Stars, International Business Times, Before it is News, New York Daily News