genoeg vir 6

• 100 g broodkrummels met kruie

• 140 g (250 ml) koekmeel

• 18 steurgarnale, skoongemaak

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 3 eiers, geklits

• 4 aartappels

• sonneblomolie vir diepbraai

Plaas krummels en meel in groot seëlbare plastieksak. Geur garnale met sout en peper en doop in eier. Gooi garnale in sakkie en skud tot goed bedek. Gebruik skerp mes of mandolienkerwer en sny aartappels met skil aan in papierdun skyfies. Verhit olie tot warm in middelslag-pot en diepbraai aartappels vir 5 – 8 minute of tot goudbruin en bros. Dreineer en geur goed. Skud ekstra krummelmengsel van garnale af en diepbraai in dieselfde olie vir 5 – 8 minute of tot bros. Sit warm voor met bros aartappels en mayonnaise.