Steve en sy Janine is verloof!

Amanda Singleton, ’n goeie vriendin van Steve, het die nuus bevestig. “In die omslag van sy nuutste CD, HALODA, het hy 'n stukkie geskryf waarin hy vir Janine vra om asseblief dit te oorweeg om sy vrou te word.” vertel Amanda. “Hy het haar gevra om sy CD-omslag gou te proeflees voor dit drukkers toe gaan.”

Toe Janine die trou-aanbod lees, het Steve reg gestaan met die verloofring. Die twee is tans op 'n romantiese wegbreek in die Drakensberge.

Janine het op Facebook geskryf sy kan nie ophou glimlag nie. “Eks verloof! En toe vra die prins sy prinses vanuit hul kasteel om sy vroutjie te word! Ek wil heeltyd op en af spring soos 'n klein dogtertjie.”

Steve het op sy beurt getwiet: "Dankie almal. Ek vertel wat ek gedoen het op Facebook vanoggend. Dit was nogal 'n ding"

Baie geluk Steve en Janine!

[box:full:grey:both]

Die nuwe CD, HALODA, is binnekort op die rakke. Die trou-aanbod is in al die CD-omslae gedruk.

Steve het oor HALODA die volgende getwiet: “Môre almal. Ek finaliseer HALODA, my 2011 CD. Ek's amper tevrede mat alles (ek & foto’s is nie maats nie). Maar die songs is heerlik."

[/box]

Volg Steve en SARIE ook op Twitter. Hy gaan binnekort 'n foto van die trouring op Twitter wys.