Dit lyk of dit in hulle bloed is - Steve Hofmeyr se seun Sebastian skryf óók nou soos Pa.

Steve het op sy Facebook-blad een van sy gedigte uit sy digbundel Valkuns* gedeel. Dít is ook deur Theuns Jordaan getoonset.

Al vergeet jy my vir altyd

langs 'n mylpaal op jou pad

onderstreep jy steeds die prentjies

in die hoeke van my hart

Leg die kaart van liefde

al neem dit jou ’n jaar

tot die malmaak van ons briewe

en die oë op ons bedaar

gou gesiggie skud my hand

as die lense vir ons loer

net ’n oomblik naamloos alhoewel jy in my boer

Steve het by die gedig geskryf dat die woorde van toepassing is op hom en sy verloofde, Janine, alhoewel hy dit lank gelede geskryf het. Dié gedig is 406 keer deur sy aanhangers op Facebook gedeel.

Lees hier wat Steve en Janine vir hul troue beplan

Leana Clunies-Ross Leana Clunies-Ross

Sy tweede jongste seun, Sebastian, het vir sy ma, Natasha Sutherland (links), ’n gedig vir haar verjaarsdag hierdie week geskryf. Sy het dit ook op haar Facebook-blad gedeel.

Joy, Hope & Peace, you help people, give them a release

Your perfect smile is what keeps me going an extra mile,

Smart, kind, balance, are three of your talents.

U fill people's hearts, make them shine

your peace & generosity is only learnt over time

you're our inspiration

your the 1 way ticket to paradise at the train station

your that 1 whose full of fun, that 1 who makes us run

your full of nature, you're an amazing story maker

you connect with animals especially our crazy mammals

you're full of hope, that person who stops u from a slope

Jy's die kleure in ’n blom

We love you crazy fantastic mom!

Steve wys sy seuns aan SARIE

Steve en sy seuns het vanjaar ’n fotosessie in SARIE gehad. Lees hier wat hulle oor hul bekende pa sê.

FOTO: Leana Clunies-Ross Leana Clunies-Ross

Armand (23, regs bo), Devon (19, regs onder), Benjamin (9, links onder) en Sebastian (11, links bo). (Ouderdomme ten tyde van dié fotosessie)

*Tweedehandse uitgawes van Valkuns kan deur Kalahari gekoop word. Klik hier.

5656_0_Img2