Steve en Armand het vantevore die verhoog gedeel, maar ons het nog nie dié twee saam op ’n CD hoor sing nie.

Steve, wie se sprokiestroue met Janine van der Vyver in SARIE se Maart-uitgawe is, is nie net trots op sy sanger-seun, Armand Hofmeyr, nie. Hy voel ook bevoorreg om ’n lied saam met Armand op te neem. Dié lied gaan op Armand se nuutste album wees. Steve het hierdie nuus vandag op sy Twitter-profiel gedeel.

"Dis lekker om te sien dat Armand homself geniet en uitleef deur sy musiek. Hy’s baie talentvol,” het Steve in die Junie 2013-uitgawe van SARIE gesê.

FOTO: Leana Clunies-Ross FOTO: Leana Clunies-Ross

Armand het verlede jaar aan SARIE.com gesê sy nuwe album, Lekkerlyf, behoort teen Maart op die rakke te wees.

Naas Botha se dogter op Armand Hofmeyr se CD-omslag

Steve en sy kinders. Agter van links is Armand, Devon, Charissa en Steve. Voor is Sebastian (links) en Benjamin. FOTO: Twitter Steve en sy kinders. Agter van links is Armand, Devon, Charissa en Steve. Voor is Sebastian (links) en Benjamin. FOTO: Twitter

Ons kan nie wag om te hoor wat dié talentvolle pa en seun in die ateljee gaan aanvang nie! Steve en Armand het in 2010 geskiedenis gemaak toe hulle die eerste pa en seun geword het wat terselfdertyd CD's op topverkoperlys gehad het.

WAT DINK JY? HOE SAL STEVE EN ARMAND SE STEMME SAAM KLINK? Lewer kommentaar onderaan dié artikel of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

rgb steve

Kyk in jou Maart-uitgawe van SARIE na eksklusiewe foto's van Steve en Janine se troudag.