"Ons het enkele kere bymekaargekom, ou kollegas, vinnig ingeval met mekaar se liedjies en teen Donderdag was ons reg. Daar was die lekkerste backstage wat ek nog ooit gesien het. Kunstenaars kon tafeltennis, veerpyltjies en minigolf speel, kinders het hulle eie TV en tafels gehad, daar was meer as genoeg bankstelle om op uit te strek en Pick n Pay het ons toegegooi onder die heerlikste, gesonde kosse. (Op die foto sien jy Bobby en Bok, veerpyltjiekonings.)

"Die gemak wat agter geskep is was duidelik op die verhoog ook. Ons het mekaar geniet, dopgehou en lekker gelag as dinge skeefloop. Veral die eerste aand. Voor kon konsertgangers sien dat, eerder as groot stelle, Coleske besluit het om elektronies te gaan. Enorme skerms oral, ernstige eye candy en die voorreg vir Afrikaanses wêreldwyd om die hele affêre te stream (op hul internet te volg).

"Afrikaans Is Groot het goeie momente opgelewer. Bobby se oop gulp, onder andere. En sy laaitie Sion wat, toe hy my sien, dadelik sê ”dada”. Didi, ons musiekregisseur het Saterdag ’n babatjie gekry en moes die twee laaste konserte ’n mis gee. Geluk! Pick n Pay se Tjoklitbrownies en ek en Juanita kon 'Tussen Woorde' en 'Agter Elke Man'  saam sing. Ek en Theuns, Bobby en Jannie kon 'Liefling' saamdoen. Wat ’n voorreg. Jong, kry die DVD en jy sal sien waaroor die bohaai gaan!"

Lees Steve se inskrywing op Facebook