Die "outjie" waarna hier verwys word, is niks minder as dié supersexy kragtige vuurwa: 'n Audi R8! Brute krag: BMW R8
'n Dag later skryf Steve: "Liewe Facebooker. Ek het belowe. Hoe ken jy my. Ek gaan teen vanaand een uit die honderde reaksies kies en jou moreoggend kom haal in my vuurwa. My Krismisbelofte aan jou. Sal jou privaat pos stuur via FB. Kyk uit. Ek's die ou in die plat kar. Eh, ja, Australie is bietjie ver...Steve" En toe...
"More. JY is reeds gekies. Ons spoor jou op, sonder dat jy weet. iemand na aan jou weet klaar wie jy is. Ek stop oor 'n uur of wat voor jou deur. Ek's die bles, dik outjie in die plat kar. Voor 17:00 plaas ek die foto van ons ontmoeting en spin hier. Ons het sommer lukkraak die bottle gespin...en simsalabin: JY" Hier's sy: Talitha Botha - die gelukkige Steve-'fan' wat deur die man homself en in absolute styl Vrydag 25 November by haar werk opgelaai is! "Dit was 'n belewenis, om saam my gunsteling-sanger vir 'n rit in 'n motor te wees. Absoluut fantasties.!!!" was Talitha se terugvoer toe sarie.com haar kontak. Steve en Talitha

Steve vertel van die ontmoeting in sy eie woorde: "Ek het die vriendelike Talitha Botha teen 12 uur buite haar werk ontmoet. Ek love dit as die persoonlike die virtuele oorwin. Ag, as ek maar almal kon ontmoet... Dankie, Talitha. Was lekker om te gesels! X"

* Bly op hoogte op Steve se Facebook-blad en volg hom op Twitter.