"Steve is soos 'n druppel water wat val. As hy op die grond val, skiet hy weer op," het die sanger Steve Hofmeyr se ma, Carien, aan SARIE gesê ná dokters Dinsdagnag in 'n Johannesburgse hospitaal moes spook om 'n "lewensbedreigende" bloedklont in Steve se been op te los. "Ná 'n groot operasie soos wat Steve gehad het (met sy geperforeerde dikderm in 2008), ís daar 'n gevaar dat 'n mens bloedklonte kan kry, maar ons het nooit eens daaraan gedink nie," vertel Carien. "Dit gaan goed met hom, onder die omstandighede. Al sy broers het al met hom gepraat en hy word oorval met goeie wense."

Lees op bl. 44 van jou Maart-SARIE (nóú te koop) hoe Carien vir die eerste keer openhartig praat oor al die storms om haar beroemde seun.