Op 9 Augustus word die derde fliek uit die pen van Ivan Botha en Donnalee Roberts vrygestel: Stroomop. Die storie handel oor vyf vroue wat die Oranjerivier aan durf, elk met hul eie storie.

Vandag ontmoet ons die karakter Diona wat deur die bekroonde aktrise Ilse Klink gespeel word.

In haar hart is Diona heel eerste 'n ma – sterk, nie bang vir uitdagings nie, en bowenal beskermend. Dis hierdie eienskappe wat haar gedryf het om 'n suksesvolle prokureur te raak en die leer van die sakewêreld te klim. Ongelukkig was dit ten koste van haar gesin, sonder dat sy dit besef. Ná die dood van haar man moet Diona probeer om die verhouding tussen haar en haar dogter te herstel. Ilse se stukkie lewensadvies aan Diona: "Let go. Dit sal okei wees.”