Op 9 Augustus word die derde fliek uit die pen van Ivan Botha en Donnalee Roberts vrygestel: Stroomop. Die storie handel oor vyf vroue wat die Oranjerivier aan durf, elk met hul eie storie. Vandag ontmoet ons die karakter Guy wat deur die akteur Armand Aucamp gespeel word.

Guy is die riviergids wat die vyf stroomop-vroue vir "avontuurterapie" neem. Midde-in sy pogings om die vroue te help om hulself te herontdek, aanvaar en genees, word hy self uitgedaag met die dinamiese persoonlikhede op die roeiboot. Toe die boot omslaan, verdwyn Guy onder die water en moet hy om sy lewe veg. Hy voel magteloos en kan net hoop die vroue sal oorleef. Armand meen dat hy eerder by Guy 'n stukkie lewensadvies sal neem: "Ek wil by hom leer om innerlike rustigheid te bemeester."