Op 9 Augustus word die derde fliek uit die pen van Ivan Botha en Donnalee Roberts vrygestel: Stroomop. Die storie handel oor vyf vroue wat die Oranjerivier aan durf, elk met hul eie storie.

Vandag ontmoet ons die karakter Nixie wat deur die nuweling Carla Classen gespeel word. 

Nixie is 'n millenniër: Sy is selektief oor wie sy in haar lewe toelaat en deel eerder aanlyn hoe sy voel as om van aangesig tot aangesig met iemand te praat. Haar pa was die enigste persoon wat haar werklik verstaan het. Maar ná sy dood voel Nixie alleen.

Sy trek elke dag 'n bietjie meer terug in haar dop, ongemaklik met die verhouding wat nou skielik met haar vroeër afwesige ma gevorm moet word.

Carla se stukkie lewensadvies aan Nixie: "Gee jou ouers a break. Hoe ouer jy raak, hoe meer besef jy jou ouers is net mense en hulle maak foute. Die beste ding van ouer word is dat jy ontdek jou ouers is eintlik maar nes jy."