Die amptelike lokprent van Stroomop is uitgereik!

Waaroor gaan die fliek? Oor vyf vroue wat elkeen met hul eie probleem worstel en dan saam op die Oranjerivier beland vir broodnodige avontuurterapie.

In die rolverdeling is Donnalee Roberts, Ilse Klink, Carla Classen, Chanelle de Jager, Simoné Nortmann en Armand Aucamp. Ivan Botha is die regisseur en het saam met Donnalee die draaiboek geskryf.

FOTO Instagram / @Stroomopfilm

Hier's die lokprent:

Is jy reg vir die avontuur?


SARIE is 'n trotse mediavennoot!