Suid-Afrika se akteurs hou ons land se naam hoog tussen die bekroonde sterre van die TV-reeks Homeland, wat tans in Kaapstad verfilm word.

Verskeie plaaslike sterre kry nou die kans om in die vierde seisoen van die reeks met sterre soos Claire Danes en Mandy Patinkin te speel. Onder die plaaslike bekendes is Barbara-Marie Immelman (neé Venter), wat Natasha Fourie in kykNET se Villa Rosa was, as ook Sterlopers se Ben Kruger, oftewel Armand Aucamp.

Armand het vanoggend op Twitter vertel dat hy in dié reeks gaan speel.

"Skiet vandag aan dié fantastiese produksie #Homeland," het Armand op Twitter gesê en Homeland se plakkaat gedeel.

Barbara-Marie vertel aan SARIE.com dat sy vandag na die ateljee moes gaan om haar klere aan te pas en haar grimering en hare te toets. Sy skiet Donderdag aan die reeks.

Barbara-Marie Immelman FOTO: verskaf Barbara-Marie Immelman en haar man, Charl, woon saam met hul twee kinders, Max (4) en Wanda (2 en 'n half), in Kaapstad
FOTO: verskaf

"Dit was fabulous! Dit was vreeslik Amerikaans gewees en ek is mal daaroor," vertel sy oor haar oggend op stel. "Ek het ook een van die akteurs ontmoet en almal was regtig so oulik," vertel die aktrise, wat self ’n groot aanhanger van die reeks is.

Barbara-Marie is in die toekoms ook te sien in die TV-reeks Die Byl en die rolprent Die Ontwaking Barbara-Marie is in die toekoms ook te sien in die TV-reeks Die Byl en die rolprent Die Ontwaking

"Ek is mal daaroor, dis baie verslawend," sê sy oor Homeland. "My gunsteling-karakter is Saul Berenson. Ek kan nie wag om hom te ontmoet nie," vertel sy. Dié karakter word deur die akteur Mandy Patinkin vertolk. Hy is pas benoem vir ’n Emmy vir sy spel as Saul.

"Dis ’n baie lekker rol," vertel die aktrise, wat in een episode gaan verskyn. Veel meer mag sy nog nie uit die mou laat nie.

Nóg Homeland-nuus op SARIE.com