Eden Classens, oftewel Justin Potgieter in die Kaapse sepie Suidooster, het gisteraand in kykers se harte ingewals. Dié sepiester neem deel aan Dancing with the Stars SA en kon Sondag vir die eerste keer sy danspassies wys.

Hy en sy dansmaat, Ash-Leigh Hunter, het gewals op Alicia Keys se "If I Ain't Got You". Dit was baie romanties!

FOTO Eden Classens / Facebook

 Kyk die dans hier.

En wat sê die ranglys? Vanuit die 12 paartjies is Eden en Ash-Leigh vierde!

Gisteraand het Eden se meisie, Cato Meaker, ook hom kom ondersteun. Dié pragtige donkerkop, 'n risiko-analis en deeltydse ingenieurstudent, was verlede jaar een van die Top-10 op SARIE Voorbladgesig!

FOTO Instagram / @catomeaker