Gisele Bündchen en manlief, Tom Brady, het in Desember 2009 'n pragtige babaseuntjie, Benjamin, gekry. Die 30-jarige Gisele het vir Harper's Bazaar UK vertel sy dink borsvoeding het haar gehelp om haar lyf te behou.

Benjamin se geboorte was natuurlik en Gisele vertel dat dit glad nie seer was nie, juis omdat sy haarself fisiek en verstandelik voorberei het. Sy het ook gesê dat sy nie kan glo hoe ma's chemiese kosse vir 'n pasgebore kind kan gee nie... "Ek dink daar behoort wêreldwyd 'n wet te wees dat ma's hul babas moet borsvoed vir 6 maande."

HET JY GEWEET OOR GISELE?

?Sy het ongeveer $1,5 miljoen vir die slagoffers van die Haïti-aardbewing geskenk
?Haar seuntjie is onlangs in 'n kerk in St. Monica, Kalifornië, gedoop

?Die supermodel verskyn op Harper's Bazaar UK se September 2010 voorblad

?Gisele probeer alreeds vir Benjamin potty train omdat doeke die omgewing besoedel

?Sy het 'n tweelingsuster (nie identies), Patricia, wat in Maart getrou het

?Sy is ook een van die hoogsbetaalde modelle ter wêreld

Stem jy saam met Gisele oor borsvoeding?

Niks mooier as natuurlik nie!Gisele, Tom en BenjaminGisele vir &aposn Vogue