Haar goeie vriend John Galliano, wat tot onlangs die hoof-ontwerper by Dior was, het haar rok ontwerp, berig people.com. Dit was ’n roomkleurige rok met rynsteen-afwerking en ouwêreldse elegansie.

Volgens popsugar.com het sy skoene deur Manolo Blahnik gedra, kompleet met ’n blou binnesool vir die tradisionele "something blue".

Die bruidegom het ’n ligblou Yves Saint Laurent-pak gedra.

Daar was meer as 10 blommemeisies, onder andere Kate se dogter, Lila Grace. Lila se pa is Jefferson Hack, die redakteur van Dazed & Confused, ’n Britse mode-, film- en musiektydskrif.

Die supermodel (37) en Jamie Hince is al van 2007 af in ’n verhouding. Hul gemeenskaplike vriendin, die Britse aktrise Sadie Frost, het hulle aan mekaar voorgestel.

Al die paaie om die dorpie is deur polisie gepatrolleer om die media weg te hou. Die feestelikheid het die hele naweek geduur.

Kliek hier vir die meer foto’s uit die troualbum