Supersterre - die finaal: Burger wen!

Deur admin
11 Junie 2010

Burger le Roux het die die Supersterre-finaal gewen! Dit was tussen hom en Giovanni Divito in die eindstryd. Burger het met net 6 stemme gewen.

"Dit is droom wat waar geword het, ek't nie woorde nie. Dankie aan Supersterre vir die geleentheid, my familie vir al die ondersteuning en vir die res van SA wat agter my gestaan het. Ek sien uit na my nuwe album!" het Burger gesê.

Marsha Lombard was die Super Nova in die finaal.

Burger wen 'n R500,000 platekontrak wat 'n video-opname insluit. Plus R100,000 kontant. Manuel Escorcio, Burger se sangafrigter, wen ook R100,00.

Daar was sowat 5000 mense in die gehoor by Carnival City waar die finaal gehou is. Steve Hofmeyr, Shaleen Surtie-Richards, Theuns Jordaan en Casper de Vries was ook daar. Steve Hofmeyr, Bianca le Grange, Gerhard Steyn en Manuel Escorcio het gesing.

So het Burger in sy eeste sarie.com-blog geskryf

Supersterre is 'n ongelooflike ondervinding! Jy werk saam met van SA se grootste celebs. Mense soos Patricia, Mark, Gerhard Steyn, Theuns, Shaleen Surtie-Richards, Casper de Vries, Brandon October, Heinz Winckler, Biana la Grange, Lianie May en nog ander.

Die beste ervaring hiervan vir my was om Steve Hofmeyr en Manuel Escorcio te ontmoet. Hulle is lewende legendes.

Ek oefen omtrent 'n uur per dag. Soms meer, maar dit hang af van my skedule. Die beste raad wat ek nog by my afrigter, Manuel Escorcio, gekry het, was om nederig te bly, myself te wees en om dankbaar te wees vir elke geleentheid wat iemand my gee.

My grootste verleentheid was toe ek een keer op die verhoog my woorde vergeet, en toe begin huil het. Mmm... "Cowboys also cry," het Manuel Escorcio vir my gesê. Gelukkig het ek na die volgende rondte deurgedring.

My lekkerste oomblik op die verhoog was toe ek Bed of roses gesing en Shaleen Surtie-Richards spontaan begin huil het. Dit was oor die groot verbetering in my optrede.

Vir al die aspirant-sangers daarbuite, moet nooit ophou om in jouself te glo nie. As jy 'n droom het, sal dit waar word.

Groete,

Burger