Supersterre is 'n ongelooflike ondervinding! Jy werk saam met van SA se grootste celebs. Mense soos Patricia, Mark, Gerhard Steyn, Theuns, Shaleen Surtie-Richards, Casper de Vries, Brandon October, Heinz Winckler, Biana la Grange, Lianie May en nog ander.

Die beste ervaring hiervan vir my was om Steve Hofmeyr en Manuel Escorcio te ontmoet. Hulle is lewende legendes.

Ek oefen omtrent 'n uur per dag. Soms meer, maar dit hang af van my skedule. Die beste raad wat ek nog by my afrigter, Manuel Escorcio, gekry het, was om nederig te bly, myself te wees en om dankbaar te wees vir elke geleentheid wat iemand my gee.

My grootste verleentheid was toe ek een keer op die verhoog my woorde vergeet, en toe begin huil het. Mmm... "Cowboys also cry," het Manuel Escorcio vir my gesê. Gelukkig het ek na die volgende rondte deurgedring.

My lekkerste oomblik op die verhoog was toe ek Bed of roses gesing en Shaleen Surtie-Richards spontaan begin huil het. Dit was oor die groot verbetering in my optrede.

Vir al die aspirant-sangers daarbuite, moet nooit ophou om in jouself te glo nie. As jy 'n droom het, sal dit waar word.

Groete,

Burger