Laasweek en die week voor dit, was ek al twee keer in die onderste 2. Dit was naelskraap of ek het uitgeval. Die hoofrede is oor my liedjie-keuses. Ek het baie van die kritiek van die res van Suid-Afrika toegepas, want ek het geweet as ek nie nou iets drasties doen nie, dan gaan ek hierdie week uitval.

Ek het toe weer in my rock-skoentjies ingeklim, en met behulp van beide my afrigters, 'n mede-finalis Deon, en ure se oefen het ek weer die week se episode gewen. Ek het hard gewerk aan hierdie een, en was so bly toe ek die episode gewen het, want ek het moed verloor twee weke terug, maar nou is ek weer voluit gefokus op die wenpad...

En aan die res van Suid-Afrika... Ek sê dankie!

Dankie vir julle ondersteuning, raad met my liedjies, positiewe kritiek en mooi boodskappies. Dankie ook vir elke stem wat julle vir my stem, ek waardeer dit so baie.

Julle maak van my 'n SUPERSTER!

Burger