Haar ouers bederf haar gereeld met ontwerperskoene wat spesiaal vir haar gemaak word – en blykbaar is sy nog kieskeurig ook oor wie haar skoene maak!

Haar gunsteling-ontwerper is Marc Jacobs en sy het glo ook ’n paar Louboutins in haar kas.

Die tydskrif Star berig dat Tom mal is daaroor om te sien hoe klein Suri haarself optof. Hy moedig haar aan om vroulik aan te trek, en vertel graag dat Suri net so ’n mode-ikoon soos haar ma gaan wees. “Sy is ’n jong meisie wat weet wat sy wil hê,” het hy verklaar.

Suri Cruise Suri Cruise

Wat dink jy? Is Suri Cruise ’n bedorwe brokkie of opkomende mode-ontwerper?