Die titel verwys natuurlik na die heel eerste liedjie wat haar beroemd gemaak het op Britain’s Got Talent. En die video op YouTube is flou gekyk, teen dié tyd 69 miljoen keer!

Dit was vir Susan die oomblik wat haar lewe verander het. Sy het in Skotland grootgeword en haar lewe lank op die klein, afgeleë dorpie Blackburn saam met haar ma gewoon.

Deesdae is daar al oor die 14 miljoen Susan Boyle-albums wêreldwyd verkoop.

Oor die musiekblyspel en haar sukses het sy aan telegraph.co.uk gesê: “Ek sou nooit kon dink dat my lewe op ’n verhoog uitgebeeld sou word nie. Ek hoop mense hou daarvan, en hulle kan vir seker ’n paar verrassings verwag!”

Michael Harrison, die vervaardiger van I Dreamed a Dream, sê Susan is ’n inspirasie, en dat haar lewe byna soos ’n sprokie is. Die rol van Susan gaan vertolk word deur die Skotse aktrise Elaine C Smith.

Kyk Susan Boyle se oudisie by Britain's got talent