Die 53-jarige sangeres Susan Boyle wil ’n kind aanneem, het sy aan Sunday Mail vertel.

Susan sê sy het "soveel liefde om te gee" en wil graag ’n kind aanneem.

Ek wil graag ’n kind aanneem wat nie baie het nie, vir wie ek regtig iets kan gee ... Ek weet ek is enkellopend en ek is 50+. Mense dink nie ek is ernstig as ek dit sê nie, hulle giggel vir my. Maar ons sal sien.

Die gehoor van Britain’s Got Talent het ook in 2009 gegiggel toe Susan op die verhoog gestap het, maar sy het hulle vinnig met haar stem bewys dat sy kán sing. Sy is nou sowat £22 miljoen (sowat R393 miljoen) werd!

Sy het nog altyd erken dat sy “skaam” is, maar sy het verlede jaar bekend gemaak dat sy met Asperger-sindroom (AS), ’n minder ernstige vorm van outisme, gediagnoseer is. Lees meer oor dié sindroom HIER.

Bronne: Sunday Mail en Hello!

Lees ook