Dis 'n groot jaar vir Beyoncé. Nie net het sy die eerste keer ma geword nie, maar sy is ook pas aangewys as die Amerikaanse tydskrif, People, se Mooiste Vrou in die Wêreld 2012. "Ek voel mooier as ooit ná ek geboorte geskenk het. Ek het nog nooit voorheen so verbind tot iets gevoel nie."

Baba Blue Ivy is 7 Januarie gebore en Pappa is die rap-sanger Jay-Z (42). Beyoncé is besig om voor te berei vir haar eerste reeks konserte ná  Blue se geboorte.

Die 30-jarige sangeres is reeds vir 16 Grammy-musiektoekennings benoem en is een van die wêreld se grootste styl-ikone.

Jennifer Lopez was verlede jaar se titelhouer.

* Wie is vir jou die mooiste vrou in die wêreld?