"Dit is 'n aaklige jaar vir hom. Sylvester is platgeslaan, en hy weier om oor sy seun te praat," het sy vrou Jennifer Flavin onlangs gesê.

Behalwe vir Sage en Sophia, is Stallone se suster Toni Ann Fility in Augustus aan longkanker dood.

Sophia se operasie is geskeduleer vir 8 dae voor Kersfees. Sy't het haar eerste hartoperasie op 2 maande oud gehad, ná sy met 'n misvormde hart gebore is. Sy't moet nou teruggaan as gevolg van 'n hartklep-probleem. 

"Ek dink elke dag aan my hart," se Sophia. "Ek eet gesond, en omdat ek gouer moeg raak, moet ek versigtig wees as ek sport doen. Nou moet ek teruggaan operasiesaal toe, want die weefsel het wyer geraak and ek't 'n hartklep-probleem," sê sy.

"Sophia is nes haar pa. Hulle het 'n baie spesiale band. Sy is die liefde van sy lewe," erken ma Jennifer wat sedert 1997 met Stallone getroud is. Hulle het 3 dogters: Sophia, Sistine Rose (14) en Scarlet (10).

Klik vir 'n foto van Stallone en sy familie.