Erken dit, Suid-Afrika hét mooi vroue. Kyk nou maar net ons huidige Mej. Suid-Afrika, Tamaryn Green.

En haar ewe beeldskone voorganger, Demi-Leigh Nel-Peters. Demi-Leigh het die land by verlede jaar se Mej. Heelal verteenwoordig en loshande gewen.

Nou maak Tamaryn ons trots waar sy in Thailand is om aan die grootste skoonheidskompetisie in die heelal deel te neem. Volgens berigte is sy een van die gunstelinge om die kroon te dra. Ander gunstelinge is glo Mej. Filippyne, Catriona Gray, en Mej. Puerto Rico, Kiara Ortega.

Vandag om 14:00 word die top-20 uit 94 lande gekies. Hulle dring deur na die finale ronde en sal dan op die kroningsaand op Maandag 17 Desember in hul swembroek- en aanddrag verskyn. Ons hou duim vas vir Tamaryn!

HIER IS VAN TAMARYN SE MEJ. HEELAL-UITRUSTINGS

FOTO Instagram/ Tamaryn Green
Tamaryn Green - 'n gunsteling by Mej. Heelal
FOTO Instagram/ Tamaryn Green
Tamaryn Green - 'n gunsteling by Mej. Heelal
FOTO Instagram/ Tamaryn Green
Tamaryn Green - 'n gunsteling by Mej. Heelal
FOTO Instagram/ Tamaryn Green
Tamaryn Green - 'n gunsteling by Mej. Heelal
FOTO Instagram/ Tamaryn Green
Tamaryn Green - 'n gunsteling by Mej. Heelal
FOTO Instagram/ Tamaryn Green

* Die kroningsaand word op Maandag 17 Desember vanaf 2:00 op DStv-kanaal 103 uitgesaai.