Die SA-ontwerpers Malcolm Klûk en CGDT (Christiaan Gabriel du Toit) het die kostuums ontwerp vir Tango Nights, 'n produksie deur die Bovim-balletgeselskap wat tans in SA toer. Lou-Ann Stone het so tussen die meet en pas deur met hulle gesels

Is dit die eerste keer dat julle vir 'n balletgeselskap ontwerp?
Nee, ons het al van tevore saam met Sean Bovim aan Queen at the Ballet en Robbie Williams Ballet gewerk.

Was dit 'n uitdaging?
Tegniese, ja! Ons moes heeltyd in gedagte hou dat hulle baie beweeg en strek, maar andersins is dat maar net jou tipiese kostuum.

Hoeveel van hierdie kostuums moes julle ontwerp?
So by die 40, dit sluit die plaasvervangers (doubles) in - verskillende dansers vir verskillende aande!

Die tango-tema is baie sexy and it comes with the territory... Was daar sekere voorskrifte?
Dit was meer as die tegniese deel van hoe klere beweeg en werk in dans! Tango ís sexy en daar is veral met lae neklyne gespeel. En as jy die kostuum van nader bekyk, sal jy sien daar's sheer/flesh mesh-insetsels wat die nodige bedek.

Sien julle kans vir nog 'n rondte?
Absoluut! Ons geniet dit verskriklik baie!

Tango Nights-optredes

Kaapstad
Baxter Teater
3 tot 6 Junie
Computicket

Bloemfontein
Sand du Plessis Teater
10 tot 13 Junie
Tel: 051 447 7772

Johannesburg
The Lyric Theatre, Gold Reef City Casino
17 - 20 Junie (20h30)
21 Junie (15h00)
Computicket
of tel. 011 248 5000

Vir meer inligting oor Tango Nights