Die pragtige donkerkop Tarryn Lamb is ’n vrou van vele talente. Sy was eens voorsanger van die popgroep BlackByrd, het al in die sepie Suidooster haar slag as aktrise gewys én sy was een van die mentors in verlede jaar se werklikheidsreeks Die Kontrak.

Boonop is haar eerste Afrikaanse album, Mal oor jou, baie gewild.

Gelukkig kon sy tussendeur ’n blaaskans vat. Tarryn en haar man, Lester Timothy, het op die eksotiese strande van Zanzibar gaan baljaar.

Sy het kiekies op Instagram gedeel.