Taylor Swift verskyn op die voorblad van die Britse Vogue se Januarie 2020, sy gesels ondermeer oor haar nuwe album en die rolprent-weergawe van Sir Andrew Lloyd Webber se musiekblyspel Cats.

Sy het spesiaal ’n nuwe lied, genaamd Beautiful Ghost, saam met Sir Andrew vir die rolprent geskryf.

In 2019 was Taylor die voorbladster van 5 tydskrifte: Elle, Time, Rolling Stone, die Amerikaanse Vogue se bekende September-uitgawe en Entertainment Weekly.

Haar voorblad om die nuwe dekade te vier is treffend en straal pure Brigitte Bardot uit. Haar hare is reguit, sy het ’n sexy 60’s-kuif en dra ’n treffende katoog-omlyner.

Volgens Suanne Mulder, SARIE se skoonheidskrywer, steek die sestigs al hoe meer kop uit in die skoonheidswêreld. “Die katoog is veral gewild en die manier hoe hare weer uitgeblaas word het beslis ’n sestigs-invloed.”

Kyk hoe treffend lyk Taylor:

View this post on Instagram

Bored girl at the holiday party.

A post shared by Taylor Swift (@taylorswift) on

View this post on Instagram

This is the one face I made that day

A post shared by Taylor Swift (@taylorswift) on


Soek jy ’n katoog soos Taylor? 

Die SARIE-skoonheidspan gee raad.

1) Kies eerstens die regte oogomlyner. Hoe dunner die punt, hoe beter. Jy gaan sukkel om die skerp lyn van die katoog met ’n gewone oogpotlood te skep. As jy eers die regte formule het, kan jy begin oefen. Suzanne verkies ’n vloeibare swart oogomlyner. 

2) Moenie jou oog toemaak tydens aanwending nie. Kyk af in ’n spieël wat jy voor jou geplaas het, sit in ’n gemaklike posisie en stut jou elmboog op ’n stewige oppervlak vir meer beheer.

3) Besluit hoe lank jy jou “vlerkie” wil hê. Hoe langer, hoe meer dramaties. Begin eerder met ’n korter een en verleng dit soos wat jy meer vertroud raak met die tegniek. Maak die vlerkie en werk dan verder van die buitehoek van jou oog na die middel van jou wimperlyn. Voltooi die lyn van daar af na die binnehoek van die oog. Moenie probeer om met een streep die buite- en binnehoek te verbind nie. Klein strepies in drie stappe werk beter.

4) Om jou katoog mooi te beklemtoon, wend minstens twee lae maskara op jou wimpers aan.

5) Indien jy enige foutjies gemaak het, of as een lyntjie dikker of skeef is, gebruik ’n oorstokkie gedoop in grimeerverwyderaar om dit te verwyder. Jy kan ook ’n tikkie verbloemer en ’n kwassie gebruik om jou lyne skerper en meer egalig te maak.

Taylor, wat op 13 Desember 30 word, het oor die jare ’n styl-evolusie ondergaan - klik hier

FOTO Instagram / Taylor Swift

Kyk die lokprent van Cats: