Terwyl die wêreld in spanning wag vir Taylor Swift om nog ’n enkelsnit, musiekvideo Instagram-post te deel, het sy gister vir aanhangers verras met ’n smeulende fotosessie in British Vogue:

I never trust a narcissist But they love me...

A post shared by Taylor Swift (@taylorswift) on

Inescapable I’m not even gonna try. And if I get burned, At least we were electrified.

A post shared by Taylor Swift (@taylorswift) on

There’s glitter on the floor after the party.

A post shared by Taylor Swift (@taylorswift) on

Deep blue, but you painted me golden.

A post shared by Taylor Swift (@taylorswift) on

In die voorbladsessie wys Taylor haar nuwe voorkoms. Sy het vanjaar ’n uiterlike en innerlike transformasie ondergaan terwyl sy byna ’n jaar lank uit die publieke oog verskyn het.  



Die soet-soos-stroop-broekpakkies en rooi lipstiek is vergete – die nuwe Taylor is donker en gevaarlik.  In haar eerste enkelsnit in jare, “Look what you made me do” sing sy immers: “The old Taylor can’t come to the phone right now. Why? Oh, she’s dead.” 

Dit is egter nie die eerste keer wat Taylor haar voorkoms volgens haar nuwe album verander nie. Sy het al telkemale op Vogue se voorblad verskyn met ’n vars haarsnit, ’n ander “look” en ’n CD wat daarmee saam gaan:


Taylor op Vogue VSA se Februarie 2012-voorblad. Sy is onskuldig, single en lief vir country-musiek. 


Taylor op Vogue VK se November 2014-voorblad. Sy groet vir country-musiek en bemark haar nuwe popalbum, Red


Die era van die "squad" begin. Taylor fokus op haar bekende vriendegroep soos Karlie Kloss en  Cara Delevigne en hulle verskyn gereeld op haar Instagram. Hier is sy op Vogue VSA se Maart 2014-voorblad.


"New Romantic" is 'n enkeksnit op Taylor se vorige album 1989. Hier verskyn sy op Vogue met 'n romantiese voorkoms:

Taylor op Vogue se Mei 2016-voorblad. Sy praat openhartig oor haar voorkoms, verhoudings, koekies bak en meer.