Uiteindelik! Ná 9 jaar is die Wimbledon-kampioen Andy Murray en Kim Sears verloof.

Andy (27) en Kim (26) is sedert 2005 ’n paartjie. Kim is ’n bekende gesig langs die baan om Andy te ondersteun. Andy het vroeër vanjaar gesê hy sal ná Wimbledon op sy knie sak. Maar hy het later gesê dís net ’n grap. Nou het sy agent bevestig dat Andy gister die groot vraag gevra het. Kim is die dogter van die Britse tennisafrigter Nigel Sears en die Suid-Afrikaans gebore Leonore. Nigel was ook die Suid-Afrikaanse tennisspeler Amanda Coetzer se afrigter.

FOTO: Instagram  @andymurray FOTO: Instagram @andymurray

Bron: BBC en Die Burger

Lees ook