Finding Lenny is deel van die Feel Good Film Festival in Los Angeles.

Beter bekend vir sy verhoogmanewales as the cousin, en daardie kurkdroë Savanna-advertensies, het Barry Hilton pas gewys dat hy sy sout op die silwerdoek werd is. Finding Lenny is in April vanjaar bekendgestel, die regisseur was Neal Sandstrum. Wanneer? Die filmfees is van 7 tot 9 Augustus in die Egyptian-teater in Los Angeles. Finding Lenny word op Saterdag 8 Augustus om 12h00 vertoon. Kaartjies beskikbaar by www.brownpapertickets.com(dis nou as jy toevallig in daardie tyd in LA is!)

Ons het vinnig met Barry gesels

Wat het deur jou kop gegaan toe jy hoor jy's genomineer?
Ek wil net graag dankie sê vir ...

Gaan jy die gala-geleentheid in Los Angeles bywoon?
Ja!

Wat lê voor vir The Cousin? Enige geheime projekte waaraan jy tans werk?
Ja, my vrou is swanger (en ek probeer uitvind wie die pa is).