Dit sal die Hotel California-sangers se eerste besoek aan SA wees vandat hulle 40 jaar gelede as band begin musiek maak het. Dit is ook hul eerste vertonings wat vir 2012 aangekondig is.

Die band bestaan uit Glenn Frey, Don Henley, Joe Walsh en Timothy B. Schmit, en hulle sal ’n twee-uur lange konsert lewer met hul geliefde treffers soos Hotel California, Desperado, Take It Easy, One Of These Nights, Heartache Tonight, en Take It To The Limit.


The Eagles
het al wêreldwyd 120 miljoen albums verkoop en hulle is bekroon met ses Grammy-toekennings. Hulle Greatest Hits 1971-1975-album is die beste internasionale topverkoper van alle tye wat 29 miljoen eksemplare verkoop het.

Kaartjies sal 15 Desember 2011 beskikbaar gestel word deur Computicket (0861 915 8000).

TOERPROGRAM


Kaapstad:
Woensdag 4 April 2012, Groenpunt Stadion, R320 – R1070

Sun City: Saterdag 7 April 2012, Super Bowl, R1520 – R3520

Johannesburg: Sondag 8 April 2012, Soccer City FNB Stadion, R370 – R1070