The Nanny named Fran ... 24 jaar gelede het die Amerikaanse sitkom The Nanny vir die eerste keer op TV verskyn. Vir ses seisoene het kykers die doen en late van die Amerikaanse jodin Fran Fine, wat die kinders van die ryk vervaardiger Maxwell Sheffield oppas, gevolg.

Onthou jy nog die temalied?

Die hoofrol was deur die aktrise Fran Drescher gespeel. En onlangs in 'n onderhoud het sy erken dat sy gretig is om 'n nuwe seisoen van The Nanny te maak

"Ek sal dit graag wil doen, maar net as die res (van die akteurs) dit ook wil doen," het sy aan Closer Weekly gesê.

Kyk net hoe lyk hulle nou:

Fran Fine gespeel deur Fran Drescher
Maxwell Sheffield gespeel deur Charles Shaughnessy
Niles gespeel deur Daniel Davis
C. C. Babcock gespeel deur Lauren Lane
Margaret Sheffield gespeel deur Nicholle Tom
Brighton Sheffield gespeel deur Benjamin Salisbury
Grace Sheffield gespeel deur Madeline Zima