In 1984 het jonk en oud The Neverending Story gekyk. Dit was ’n fantasierolprent gebaseer op ’n gelyknamige boek deur die Duitse skrywer Michael Ende. 

Waaroor gaan die verhaal? Die jong Bastian wat elke dag by die skool geboelie word en sy ontvlugting in ’n boekwinkel gaan soek. Daar kom hy af op die boek The Neverending Story, maar die eienaar van die boekwinkel, Mr Coreander, waarsku hom om dit nie te lees nie. Bastian kan sy nuuskierigheid nie bedwing nie en begin die boek lees. Kort voor lank is hy deel van die fantasiewêreld van die boek. 

FOTO Instagram / The Neverending Story

Sewe-en-dertig jaar later het die fliek, wat 80% op Rotten Tomatoes kry, steeds getroue aanhangers.

Hoe lyk die fliek se kindersterre vandag?

Bastian Bathazar Bux

FOTO Instagram / The Neverending Story

Die hoofkarakter is vertolk deur Barret Oliver, destyds 11 jaar oud. Deesdae is Barret (46) nie net ’n fotograaf nie, maar ook ’n akademikus en historikus. Fotografie uit die 19de eeu is sy spesiale belangstelling. In 2007 het hy ’n book, A History of the Woodburytype, gepubliseer. 

Atreyu

FOTO Instagram / Noah Hathaway

Die tweede hoofkarakter en die een waaroor Bastian in die boek lees. Hy moet vir The Childlike Empress ’n geneesmiddel vir haar siekte soek. Die rol is vertolk deur Noah Hathaway, toe net 13. Hy was vir 20 jaar uit die kollig en het in die finansiële wêreld en as ’n tatoekunstenaar gewerk. In 2012 het hy weer in Hollywood gesig gewys en in die rolprent Sushi Girl verskyn.

The Childlike Empress

FOTO Instagram / Tami Stronach

Dié karakter is een van die mees ikoniese in die boek en film. Die rol is vertolk deur die 12-jarige Tami Stronach. Toneelspeel was egter nie vir haar nie, en sy wou eerder ’n lewe uit dans maak. Tami (47) is deesdae ’n choreograaf met haar eie maatskappy.