Aanvanklik is berig dat skerpsinnige aanbieder van die Suid-Afrikaanse weergawe van The Weakest Link, Fiona Coyne (45), vanoggend (18 Aug) in 'n motorongeluk gesterf het. Maar dit blyk nou dat sy by haar huis in Vishoek gesterf het. Die polisie het dit bevestig, volgens Nuus24.

Bekende sanger Steve Hofmeyr twiet op sy Twitterblad dat sy een van die laaste gaste op sy onlangse Dis hoe dit is met Steve-reeks was. Hulle was ook saam in dramaskool. Verdere nuus is nog nie beskikbaar nie.

In SARIE van September 2007 het Fiona haar werksfilosofie só beskryf: “Vir my is sperdatums in goud en marmer geset. Ek kan die enkele tye toe ek nie een gehaal het nie op my een hand tel. Ek glo ook daarin om meer te gee as wat van my verwag word. En moenie meer belowe as wat jy kan doen nie!”