Die aktrises van die ikoniese rolprent Thelma & Louise het herenig én hierdie selfie ná 23 jaar weer herskep.

Hollywood-swaargewigte in een selfie Susan Sarandon, wat destyds die rol van Louise gespeel het en Thelma, oftewel aktrise Geena Davis, het dié week die wêreld aan die gons gehad toe hulle ’n spesiale selfie op Twitter gedeel het. Dié foto herinner aan die ikoniese foto wat hul karakters, Thelma en Louise, in die fliek geneem het. 2013 se woord van die jaar: selfie Susan het dié selfie saam met Geena op Twitter gedeel en in verwysing na die foto in die fliek getwiet dat die hulle die "uitvinders van die selfie" was.

Dié  foto wys sommer ook hoe die twee aktrises oor die afgelope 23 jaar ouer geword het. Dink jy ook hulle lyk nog goed?

WAT DINK JY? HET SUSAN EN GEENA MET GRASIE OUER GEWORD? Lewer kommentaar hier onder of op SARIE se Facebook- of Twitter-blad.