Ná die sukses van Bring jou hart, wat vier jaar gelede Suid-Afrikaners se harte gesteel het, het hulle besluit om ’n opvolg-DVD uit te reik, Hart vol drome.

Hart vol drome sal bestaan uit splinternuwe liedjies asook ou treffers wat jou hart warm laat klop.

Die beste van alles is dat jy deel kan wees van die gehoor wanneer dié twee legendes Hart vol drome opneem.

Dit vind 2 en 3 Desember 2011 plaas by Carnival City se Big Top Arena in Brakpan.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket en kos tussen R110 en R161, of skakel 083 915 8000.