Hy is bekend vir sy harde woorde op werklikheidsreekse soos Idols en The X Factor, maar tog is Simon Cowell nie só kwaai nie! Simon het foto's van sy eersteling, Eric, en sy meisie, Lauren, op sy Twitter-blad gedeel.

Alhoewel ons nooit vir Simon as die vaderlike tipe gesien het nie, klink dit asof die gogga hom nou gebyt het. Volgens Lauren wil die 54-jarige TV-persoonlikheid nóg kinders hê. Sy het aan die Daily Mirror vertel dat hulle "definitief" nog kinders wil hê. Simon wil glo baie graag ’n dogter hê. Buiten Simon se eersteling, speel hy ook stiefpa vir se Lauren se seun, Adam, uit haar huwelik met Andrew Silverman. Lauren was steeds getroud met Andrew toe sy uitgevind het sy is swanger met Eric, maar hul was vervreem op daardie stadium.

Bronne: Hello! en Daily Mirror

Lees ook