Die aanbieders is Bok van Blerk, Breyton Paulse, Theuns Jordaan, Robbie Wessels, Toks van der Linde en Lady Rugga-finalis Janina Oberholzer. Hulle gaan lekker braai, musiek maak en jou laat skater van die lag.

Pick n Pay is die hoofborg en gee daagliks luukse pryse op SuperSport se webtuiste weg.

Van die gaste wat jy deur die loop van die Wêreldbeker-toernooi op die Toks en Tjops-stel kan verwag, is Bobby van Jaarsveld, Lianie May, Valiant Swart, Gerhard Steyn en celeb-sjef Reuben Riffel.

Toks en Tjops begin op 9 September 2011 en sal elke dag van die Wêreldbeker-toernooi om 19:30 op kykNET, SuperSport 1 en SuperSport HD uitgesaai word.

Kyk dié video vir ’n voorsmakie

Volg SARIE op Twitter en Facebook