Suri (6) gaan by haar ma bly. Só lui 'n amptelike skei-ooreenkoms tussen Cruise en Holmes wat Maandag (9 Julie) uitgereik is.

"Katie was baie slim met hoe sy te werk gegaan het," het 'n bron aan Us Magazine vertel. "Tom gaan steeds vir Suri kan sien, maar dit gaan op bepaalde voorwaardes wees."

Jonathan Wolfe, Holmes se prokureur, het gesê dat die ooreenkoms reeds geteken is. "Ons is bly vir Katie en haar familie, hierdie is die begin van 'n nuwe hoofstuk," het Wolfe aan TMZ gesê.

"Hulle is albei lief vir hul dogter, en Tom dink dat sy by Katie moet bly," het 'n bron aan People.com gesê. In 'n verklaring het Holmes en Cruise gesê dat hulle onderneem om saam te werk vir Suri se onthalwe, en dat hulle sal doen wat die beste vir haar is.

"Tom is baie hartseer. 'n Mens kan sien dat hy baie lief is vir al sy kinders," het 'n ander bron vertel. Hy is ook pa van Connor (17) en Isabella (19), sy kinders uit sy huwelik met aktrise Nicole Kidman.