Pas het ons gehoor van die voormalige Mej. Heelal Demi-Leigh Nel-Peters se verlowing en nou is daar nog goeie nuus: Die Top Billing-aanbieder Jade Hubner is ook verloof. 

Die voormalige Mej. Suid-Afrika-finalis en haar kêrel van vier jaar, Matthew Daniel, hou vakansie op Bali, Indonesië. Terwyl hulle die eksotiese eiland verken het, het hy haar gevra om te trou.

Albei het die opwindende nuus op sosiale media gedeel.

Kyk net die spesiale oomblikke:

FOTO Instagram/ Jade Hubner
FOTO Instagram/ Jade Hubner